woensdag 27 mei 2009

Antjie Krog


Kyk, ek bou vir my 'n land

Kyk, ek bou vir my ‘n land
Waar ‘n vel niks tel nie,
Net jou verstand.
Waar geen bokgesig in ’n parlement
kan spook om dinge permanent
verkramp te hou nie.
Waar ek jou kan liefhê
langs jou in die gras kan lê
sonder om in ’n kerk ‘ja’ te sê.
Waar ons snags met kitare sing
en vir mekaar wit jasmyne bring.
Waar ek jou nie gif hoef te voer
as ’n vreemde duif in my hare koer.
Waar geen skeihof
my kinders se oë sal verdof.
Waar swart en wit hand aan hand
vrede en liefde kan bring
in my mooi land.



land van genade en verdriet

vanweë die verhale van verwondes
lê die land nie meer tussen ons in nie
maar binne-in

sy haal asem
gekalmeer na die litteken
aan haar wonderbaarlike keel

in die wieg van my skedel
sing dit
ontbrand dit
my tong my binneste oor die gaping van my hart
sidder vorentoe na die buitelyn
van ’n woordeskat nuut in sag, intieme keelklanke

van my siel leer die retina oopgaan
daagliks – ’n duisend woorde
skroei my tot ’n nuwe tong

ek is vir altyd verander. Ek wil sê
vergewe my
vergewe my
vergewe my

jy wat ek veronreg het – seblief
neem my
met jou saam

2 opmerkingen: